GRATIS WEBINAR REEKS
Families wat floreer in die Familieboerdery
Om as familie saam te boer en dit suksesvol te doen is nie aldag maklik nie. In hierdie webinar reeks gesels ons oor belangrike boublokke wat nodig is om jou familieboerdery die beste kans op sukses te gee asook die geleentheid om te floreer as familie!
REGISTREER NOU00
DAE
00
URE
00
MINUTE
00
SEKONDES
Hoekom sal jy dit wil bywoon?

Verkry eksklusiewe gereedskap

Leer iets nuuts

Vorm 'n aksieplan
Waaroor handel die webinar reeks?
EPISODE 1: HOE RELEVANT IS FAMILIEBESIGHEID IN DIE HUIDIGE EKONOMIESE KLIMAAT?
26 Junie 2025 om 18h00
In die episode gesels ons met Prof Johan Willemse van Agrikonsult oor die relevansie van familiebesigheid in die huidige ekonomiese klimaat en wat is van die boublokke wat enige familiebesigheid in plek moet hê ten einde suksesvol te wees.
EPISODE 2: REFLEKSIE OP DIE 'BLY BOER' POTGOOIREEKS: OM MET VREUGDE AAN TE HOU BOER
8 Julie 2024 om 18h00
Dr Johan Beukes en Reza Clifford - redakteur van spesiale projekte by Landbouweekblad is mede-aanbieders van Landbouweekblad se Bly Boer potgooi en deel in hierdie episode wat hul uit die onderhoude met boere geleer het oor familieboerdery en geestesgesondheid.
EPISODE 3: ROETEKAART VIR 'N GESONDE FAMILIEBESIGHEID
5 Augustus 2025 om 18h00
Indien jul doelwit as familieboerdery is om dit suksesvol te bestuur en reg te struktureer vir 'n volgende generasie, is 'n goeie aksieplan/roetekaart van kardinale belang. In hierdie episode praat ons oor die belangrikheid van 'n aksieplan en hoe om prakties een saam te stel en te volg.
Met elke episode gaan daar geleentheid wees vir vrae en antwoorde.
Na afloop van die webinar reeks gaan jy:
Weet watter boustene nodig is vir die suksesvolle bestuur en oorgee van 'n familieboerdery.
Skouers skuur met ander boere wat dieselfde uitdagings beleef.
Toegang tot goeie inligting en hulpbronne verkry om die reis met vrymoedigheid aan te pak.
ONTMOET DIE AANBIEDERS:
Dr Johan Beukes
Leierskap, Span- en organisasie afrigter (Authentic Living & Leading). Johan het 'n passie vir mense en om hul volle potensiaal te help ontgin. Hy help leiers, spanne en organisasies al die afgelope 25 jaar. Vir meer inligting besoek gerus sy webblad hier
Yolandi Marais
Landbou Ekonoom en opleidingsfasiliteerder (Dunamus Agri Advisory). Yolandi se passie vir die boerdery en landbou is van kleins af ingeburger. As een van vyf kinders verstaan sy die dinamika van familie en wil deur haar eie ondervinding en studies ander boere bystaan om die potensiaal van hul besighede te ontgin.
Prof Johan Willemse
Prof Willemse is 'n bekende landbou-ekonoom en konsultant in die landboubedryf. Hy fokus op die makro-ekonomiese omgewing en deel weekliks inligting met boere sodat hul wys te werk kan gaan in 'n ewig-veranderende ekonomiese omgewing. Hy het 'n passie vir familieboerderye en het al vele boerderye in die aspek ondersteun.
Reza Clifford
Reza is die redakteur van spesiale projekte by Landbouweekblad en mede-aanbieder van die Bly Boer Potgooi. Kliek hier om na die potgooi te luister.

Moenie die geleentheid misloop nie
24 Junie om 18h00
8 Julie om 18h00
5 Augustus om 18h00
REGISTREER NOU
00
DAE
00
URE
00
MINUTE
00
SEKONDES