GRATIS WEBINAR REEKS

 Families wat floreer in die Familieboerdery 

Om as familie saam te boer en dit suksesvol te doen is nie aldag maklik nie. In hierdie webinar reeks gesels ons oor belangrike boublokke wat nodig is om jou familieboerdery die beste kans op sukses te gee asook die geleentheid om te floreer as familie!

REGISTREER NOU

00

DAE

00

URE

00

MINUTE

00

SEKONDES

Hoekom sal jy dit wil bywoon?

Placeholder Image

Verkry eksklusiewe gereedskap

Placeholder Image

Leer iets nuuts

Placeholder Image

Vorm 'n aksieplan

Waaroor handel die webinar reeks?

EPISODE 1: HOE RELEVANT IS FAMILIEBESIGHEID IN DIE HUIDIGE EKONOMIESE KLIMAAT?

24 Junie 2025 om 18h00

In die episode gesels ons met Prof Johan Willemse van Agrikonsult oor die relevansie van familiebesigheid in die huidige ekonomiese klimaat en wat is van die boublokke wat enige familiebesigheid in plek moet hê ten einde suksesvol te wees.

EPISODE 2: REFLEKSIE OP DIE 'BLY BOER' POTGOOIREEKS: OM MET VREUGDE AAN TE HOU BOER

8 Julie 2024 om 18h00

Dr Johan Beukes is mede-aanbieder van Landbouweekblad se Bly Boer potgooi en deel in hierdie episode wat hy uit die onderhoude met boere geleer het oor familieboerdery en geestesgesondheid.

EPISODE 3: ROETEKAART VIR 'N GESONDE FAMILIEBESIGHEID

5 Augustus 2025 om 18h00

Indien jul doelwit as familieboerdery is om dit suksesvol te bestuur en reg te struktureer vir 'n volgende generasie, is 'n goeie aksieplan/roetekaart van kardinale belang. In hierdie episode praat ons oor die belangrikheid van 'n aksieplan en hoe om prakties een saam te stel en te volg.

Met elke episode gaan daar geleentheid wees vir vrae en antwoorde.
REGISTREER NOU

Na afloop van die webinar reeks gaan jy:

Weet watter boustene nodig is vir die suksesvolle bestuur en oorgee van 'n familieboerdery. 

Skouers skuur met ander boere wat dieselfde uitdagings beleef.

Toegang tot goeie inligting en hulpbronne verkry om die reis met vrymoedigheid aan te pak.

ONTMOET DIE AANBIEDERS:

Dr Johan Beukes

Leierskap, Span- en organisasie afrigter (Authentic Living & Leading). Johan het 'n passie vir mense en om hul volle potensiaal te help ontgin. Hy help leiers, spanne en organisasies al die afgelope 25 jaar. Vir meer inligting besoek gerus sy webblad hier

 

Yolandi Marais

Landbou Ekonoom en opleidingsfasiliteerder (Dunamus Agri Advisory). Yolandi se passie vir die boerdery en landbou is van kleins af ingeburger. As een van vyf kinders verstaan sy die dinamika van familie en wil deur haar eie ondervinding en studies ander boere bystaan om die potensiaal van hul besighede te ontgin.

 

Prof Johan Willemse

Prof Willemse is 'n bekende landbou-ekonoom en konsultant in die landboubedryf. Hy fokus op die makro-ekonomiese omgewing en deel weekliks inligting met boere sodat hul wys te werk kan gaan in 'n ewig-veranderende ekonomiese omgewing. Hy het 'n passie vir familieboerderye en het al vele boerderye in die aspek ondersteun.

 

Placeholder Image

Moenie die geleentheid misloop nie

24 Junie om 18h00
8 Julie om 18h00
5 Augustus om 18h00
REGISTREER NOU
Placeholder Image

00

DAE

00

URE

00

MINUTE

00

SEKONDES