Maak die gedagte aan finansies jou angstig of moedeloos? Praat mense oor konsepte waarvan jy nie weet nie, maar voel jy is veronderstel om te weet?
Ons het die antwoord vir jou!
'n Vars-uit-die-oond video-kursus waarin ons oor al die onderwerpe praat wat jou boerdery se finansies raak - en dit in jou eie taal. Die formaat van die kursus is so ontwerp dat jy dit enige tyd en enige plek kan volg. Dit is 'n reeks videos wat elke onderwerp bespreek met 'n bietjie teorie vir die persoon wat leer deur te lees.
Aan die einde van elke module vra ons 'n paar vrae om jou kennis te toets, maar moenie bekommerd wees nie, dit is nie moeilike vrae nie.
Met voltooiing van die kursus ontvang jy 'n sertifikaat asook 'n GRATIS aanlyn-konsultasie met die fasiliteerder.
Moenie dat 'n gebrek aan kennis jou onderkry nie, belê in jou boerdery en bemagtig jouself met kundigheid.
Kyk die bemarkingsvideo hier
Wat jy in die kursus gaan leer:
Module 1: Landboubestuursbeginsels
Doelwitte van die module
- Verduideliking van die begrip boerderybestuur en finansiële bestuur as ‘n faset van boerderybestuur in perspektief te plaas.
- Bespreking van die omvang van die bestuursfunksie
- Identifisering van die take van finansiële bestuur
Module 2: Begrotings as ‘n funksie van beplanning
Doelwitte van die module
- Verduideliking van die begrip begroting en hoekom dit belangrik is vir beplanning.
- Basiese element van ‘n begroting
- Stappe in die opstel van ‘n begroting
- Verskillende tipes begrotings
Module 3: Finansiering
Doelwit van die module
- Hoekom daar ‘n behoefte tot finansiering ontstaan
- Verduideliking van die verskillende finansieringsprodukte
- Bespreking van terugbetaalvermoë
- Identifisering van kapitaalbehoeftes
Module 4: Boerderyrekordhouding
Doelwitte van die module
- Hoekom rekordhouding belangrik is
- Tipes rekordhouding en waarvoor dit gebruik word
Module 5: Finansiële State
Doelwitte van module
- Bespreek doel van Finansiële State
- Bespreek inkomstestaat, balansstaat en Kontantvloeistaat
- Bespreek ontleding en vertolking van state
Module 6: Belasting
Doelwitte van module
- Inleiding tot belasting en die doel daarvan
- Bespreek verskillende tipes belasting
Module 7: Landbou-ekonomiese beginsels
Doelwit van die module
- Wat is landbou-ekonomie?
- Die produksiefunksie
- Kostebeginsels
[Dit is 'n inleidende kursus, so al die onderwerpe word nie in groot besonderhede hanteer nie - dit is geskik vir iemand wat geen agtergrond van finansies het nie]