R 1 997

Inleiding tot Boerderybestuur en -finansies Kursus Afrikaans

Maak die gedagte aan finansies jou angstig of moedeloos? Praat mense oor konsepte waarvan jy nie weet nie, maar voel jy is veronderstel om te weet?

Ons het die antwoord vir jou!

'n Vars-uit-die-oond video-kursus waarin ons oor al die onderwerpe praat wat jou boerdery se finansies raak - en dit in jou eie taal. Die formaat van die kursus is so ontwerp dat jy dit enige tyd en enige plek kan volg. Dit is 'n reeks videos wat elke onderwerp bespreek met 'n bietjie teorie vir die persoon wat leer deur te lees.

Aan die einde van elke module vra ons 'n paar vrae om jou kennis te toets, maar moenie bekommerd wees nie, dit is nie moeilike vrae nie.

Met voltooiing van die kursus ontvang jy 'n sertifikaat asook 'n GRATIS aanlyn-konsultasie met die fasiliteerder.

Moenie dat 'n gebrek aan kennis jou onderkry nie, belê in jou boerdery en bemagtig jouself met kundigheid.

Kyk die bemarkingsvideo hier

Wat jy in die kursus gaan leer:

Module 1: Landboubestuursbeginsels

 Doelwitte van die module

  • Verduideliking van die begrip boerderybestuur en finansiële bestuur as ‘n faset van boerderybestuur in perspektief te plaas.
  • Bespreking van die omvang van die bestuursfunksie
  • Identifisering van die take van finansiële bestuur

Module 2: Begrotings as ‘n funksie van beplanning

Doelwitte van die module

  • Verduideliking van die begrip begroting en hoekom dit belangrik is vir beplanning.
  • Basiese element van ‘n begroting
  • Stappe in die opstel van ‘n begroting
  • Verskillende tipes begrotings

Module 3: Finansiering

Doelwit van die module

  • Hoekom daar ‘n behoefte tot finansiering ontstaan
  • Verduideliking van die verskillende finansieringsprodukte
  • Bespreking van terugbetaalvermoë
  • Identifisering van kapitaalbehoeftes

Module 4: Boerderyrekordhouding

Doelwitte van die module

  • Hoekom rekordhouding belangrik is
  • Tipes rekordhouding en waarvoor dit gebruik word

Module 5: Finansiële State

Doelwitte van module

  • Bespreek doel van Finansiële State
  • Bespreek inkomstestaat, balansstaat en Kontantvloeistaat
  • Bespreek ontleding en vertolking van state

Module 6: Belasting

Doelwitte van module

  • Inleiding tot belasting en die doel daarvan
  • Bespreek verskillende tipes belasting

Module 7: Landbou-ekonomiese beginsels

Doelwit van die module

  • Wat is landbou-ekonomie?
  • Die produksiefunksie
  • Kostebeginsels

[Dit is 'n inleidende kursus, so al die onderwerpe word nie in groot besonderhede hanteer nie - dit is geskik vir iemand wat geen agtergrond van finansies het nie]

What People Are Saying:

Dit was vir my n groot voorreg om die kursus te wen, maar al sou ek dit nie wen nie sou ek verseker ingeskryf het. Die kursus is baie goed opgesom en saamgevat en net wat ek nodig gehad het om die totale prentjie van wat nodig gaan wees om 'n suksesvolle boer te word. Ek het op 'n plaas groot geword, maar weens omstandighede het my pa die plaas verloor. Ek wil graag eendag self boer en die kursus het my gewys, ingelig wat ek als regtig benodig en waarna ek moet kyk, ondersoek en dat ek verseker myself verder moet toerus om n goeie boer te word. Selfs met my 27 jaar se werk- en bestuursagtergrond en ondervinding, was die kursus n “eye opener”! Om te boer is baie meer as net boer, vir my is daar 3 dinge van kardinale belang: 1. Jy moet geroep/gely wees deur God om te boer, boer is n roeping nie n beroep nie 2. Boerdery moet in jou hele wese en bloed wees, en 3. Jy moet baie passievol wees en seker maak jy rus jouself goed toe op alle vlakke - soos die kursus wat goeie inleiding gee rakende dit wat nodig is om te kan boer. Baie dankie aan Yolandi - jy is fasiliteerder duisend, en dankie aan Dunamus Agri Advisory vir hierdie kursusmateriaal en die werk wat julle doen vir ons boere… kontak hulle gerus ek gaan sodra ek begin boer!

Casper de Bruyn

Alles wat jy gesê het weet ek vandag en het ek oor 55 jaar geleer deur “trial and error”, MAAR, wat ek nodig gehad het was jou helder, sistematiese en verstaanbare manier van feite uitlê en om die belangrikheid van elke aspek van boerdery bestuur te beklemtoon. Elke jongboer moet hierdie feite hoor. Jy is duidelik en lekker om na jou te luister. Dit kon my geld gespaar het, as ek meer beplan het, gedelegeer en gekontroleer het, en minder ingestorm en self gedoen het.

Chris