Boekhouding vir die Boervrou Piketberg

Daar is 3 goed wat Boervrouens by hul moet hĂȘ:

  1. Haar Bybel
  2. Die familieresepteboek
  3. Kennis oor boekhouding

Want sonder geld kan jy niks doen nie en almal vra jou in elk geval waar hierdie of daardie papier is?!

Kom woon 'n lekker, praktiese en insiggewende werskwinkel by waar ons die vrees en geite van boekhouding by die agterdeur uitjaag.

Tydens die werskwinkel gaan die volgende onderwerpe aangespreek word:

  • Boervrou en die kantoor - feite en geite.
  • Boerdery se boekhoustelsel - wat is dit en wat behels dit?
    • Die belangrikheid daarvan
    • Wie jou almal inligting gaan vra
    • Verskillende tipes rekords
  • Hoe gemaak met al die papiere?
  • Begroting vir die huishouding
  • Boervrou se vergoeding
  • Antwoorde op die vrae wat jy te bang is om te vra of nie weet vir wie om dit te vra nie.

Jy gaan ook die geleentheid kry om skouers te skuur met ander vrouens wat dieselfde rol moet vervul en kan idees met mekaar uitruil - alles oor 'n koppie koffie en lekker verversings.

Indien jy 'n EFT of kontantbetaling wil maak, stuur 'n e-pos na [email protected] met die nodige besonderhede sodat ons 'n faktuur kan uitmaak.

Sien jou daar!

R300

An account already exists with this email address. Is this you?

Sign in