Die besigheidsiklus, groeifases en jou boerdery

Uncategorized Sep 01, 2022

Enige besigheid bevind homself binne ‘n besigheidsiklus asook verskillende fases van groei. Dieselfde is waar vir enige boerdery. ‘n Boerdery funksioneer binne ‘n bepaalde ekonomie wat beteken dat die ekonomiese siklus ‘n bepaalde invloed op die boerdery het. Terselfdertyd beleef die boerdery verskillende groeifases en is dit nodig om bewus te raak van waar jou boerdery in die besigheidsiklus funksioneer omrede elke fase verskillende strategieë vereis ten einde sukses te behaal.

Die besigheidsiklus reflekteer bewegings in ekonomiese aktiwiteit as geheel. ‘n Volledige siklus beweeg van ‘n trog tot ‘n trog of van ‘n piek tot ‘n piek. Suid-Afrika bevind hom tans baie naby aan ‘n trog en behoort die ekonomie in die volgende tyd ‘n nuwe siklus te betree. Die effek daarvan is beduidend op die landbousektor en is een van die gewildste onderwerpe op ‘n boeredag. Wat gebeur in die ekonomie, hoe lyk die vooruitsigte en hoe raak dit my besigheid? Dit is eksterne faktore wat jou besigheid affekteer waaroor jy nie beheer het nie en slegs daarop kan reageer.

Business Cycles Graph 1

"Business Cycle - The recurring patterns of expansion, boom, contraction, and recession in the economy."   Charles P Jones

Die tweede onderwerp waaroor ek wil praat is die groeifase van ‘n besigheid. Die grafiek hieronder illustreer die verskillende fases waardeur ‘n besigheid beweeg en watter effek dit op sy uitset het. Miskien is jul boerdery al eeue lank in die familie en funksioneer dit al dekades lank in die volwasse-fase of jy het dalk onlangs begin boer en bevind jouself in die ‘start-up’ era.

Growth phases

Elke fase van die groei-siklus het sy unieke uitdagings en vereis unieke oplossings. Gedurende die eerste fase mag kapitaal of ondervinding die beperkende faktor wees, maar besluitneming kan vinnig gebeur om by verandering aan te pas. ‘n Boerdery in die volwasse fase het dalk baie kapitaal, maar pas moeilik aan by vinnige veranderings omdat infrastruktuur sterk gevestig is. So het elke fase sy eie geleenthede en bedreigings.

In watter fase is jou boerdery? Wat is die unieke uitdagings en watter strategieë of hulpbronne sal jou besigheid na die volgende fase neem? Al die oorwegings is intern en kan deur ‘n duidelike ontleding en strategiese plan aangespreek word. Die antwoorde gaan nie noodwendig van die ander kant van die lyndraad af kom nie omrede elke boerdery uniek is. Neem tyd om jou besigheid te plaas en gebruik dit as ‘n platform vir strategiese besluitneming. Kry hulp in indien dit nodig is, daar is baie kundiges in die bedryf wat gewillig en beskikbaar is. Bekom die nodige hulpbronne ten einde ‘n volhoubare besigheid te bou.

“Die mense na wie jy luister is ‘n voorskou van die toekomstige jy.”

Jeff Henderson

Close

50% Complete

Two Step

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua.